Kyk mamma, ek leer nommers (pdf)

R130.00

Ontwikkeling van die volgende vaardighede:

* Syfers
* Optel en aftrek
* Tel
* Getal rangskikking
* Woordsomme
* Herkenning
… en nog meer!

Description

Wiskunde Graad 1 vlak

‘n Wiskunde werkboek wat kinders help in die grondslag fase van wiskundige- en getal oefening.  “Kyk mamma, ek leer nommer” is saamgestel vir tuis gebruik, sowel as in die klaskamer.  Dit kan gebruik word as ‘n hulpmiddel, Graad 1 kurrikulum boek en ook as ‘n hersienings boek.  Dit is wonderlik vir mammas wat se kinders ekstra stimulasie nodig het.  Ons wiskunde boek is volledig getoets deur tuisskool mammas, mammas met kinders in die skool sowel as onderwysers.

Hierdie boek vorm deel van die “Kyk mamma” reeks.  Die ander titels is: (Hulle is ook te vinde op die webblad)

  • Kyk mamma, ek word groot (voorskool/Graad R)
  • Kyk mamma, ek leer lees en skryf (Graad R/Graad 1)
  • a,e,i,o,u Beginner leesreeks

Daar is ‘n groot verskeidenheid van oefeninge.

Van die vaardighede wat ontwikkel word is as volg:

* Syfers
* Optel en aftrek
* Tel
* Getal rangskikking
* Woordsomme
* Herkenning
… maar daar is nog vele meer.

Daar is baie prente vir die wat hou van inkleur.

Die boek is ideal vir ouers wat ‘n aktiewe rol wil speel in hierdie fase van hulle kind se opvoeding en ontwikkeling.  Dit gee ook baie genot aan die ouer wat self hul kind wil leer deur dat hulle saam deur die boek kan werk.

Dit is ook ‘n uitstekende hulpmiddel wat die onderwyseres huis toe kan stuur vir ekstra oefening en repetisie, maar is heeltemal voldoende om dit ook in die klaskamer te gebruik.

Skole of tuisskool groepies wat spesiale bestellings wil maak kan ons kontak.

Vir meer inligting aangaande die boek kontak ons gerus.

Gepubliseer 2016
Scribo Novus Education
Skryfster: Louise Jones
Redakteur: Edmund Jones

084 2657795
louise@scribonovus.co.za
www.scribonovus.co.za

ISBN 978-0-620-80076-1

© Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word op enige manier, meganies of elektronies, insluitend plaat- en bandopnames en fotokopiëring, sonder skriftelike toestemming van die kopiereghouer.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Kyk mamma, ek leer nommers (pdf)”